nodus tollens - Reisverslag uit Cayman Islands, Cayman Eilanden van Jacobus Rossouw - WaarBenJij.nu nodus tollens - Reisverslag uit Cayman Islands, Cayman Eilanden van Jacobus Rossouw - WaarBenJij.nu

nodus tollens

Door: die skim

Blijf op de hoogte en volg Jacobus

01 Juli 2015 | Cayman Eilanden, Cayman Islands

So ek voel al lank lus om weer te skryf, waar begin mens. O ja so jaar terug het ek my besigheid verkoop en begin swerf. Swerf in opsig self is 'n interesante ding hoor jy. My swerwery het my op plekke gebring waar ek nooit gedink het ek sal wees nie. Dit het my mense laat ontmoet wat ek nooit sal vergeet nie. En dit het my avonture gebring wat ek nooit elders sou vind nie. Dit was en is steeds beslis een  van die grootste merry go rounds wat ek ooit gery het. Was dit nou die een in walibi pretpark in holland of die een wat ek nou ry. Die merry go round vanie lewe. Want sien my bra almal skeem my lewe is net pret. Mar soos almal het ek ook die goed en die sleg, die op en die af. Nou vir die af kan ek jou net se soos oupa altyd gese het "as jy onder is kan jy net een rigting en dis op." Vir die op kan ek vir jou se. Surf daai wave pappie want hys bitter kort so maak seker jy maak hom bliksems lekker. So tussen europa vakansie hou en uhm ek weet nie eintlik wat ek hier in cayman doen nie, raak dit soms eensaam. So dink mooi voor jy jou vlerke sprei. Ja as ek maar net nou daai standerd 6 redenaars toespraak oor vlerke kan onthou ne. Iets van ek wil net my eie ding doen my vlerke sprei en die lewe geniet. Passop waarvoor jy wens my kwagga want cayman is ver van ma en pa se nes en die huiskos word nerens so gekook soos by die huis nie. En die bier wat jy self koop is nooit so lekker soos die van die gratis enes by die huis nie. Een ding kan ek jou van vlerke sprei vertel, dis nie altyd so lekker nie en was dit nie vir I verlore ipod in I rugsak met die mooiste huis taal se treffers op nie was jy allankal in jou tjops in my snaar. Maar die lewe is 'n lied en jy moet sing broer of jy sal net verdrink in jou trane van verlange. So met die moed van 'n paar kurt darren nommers of tannie laurika of wat ookal jou hart roer staan jy soggens op om  na jou plek van slawerny te gaan. Vir die eerste maand kyk jy as jy uit die bed klim na jou lift en sit ma vi jou plakkies aan jou lift en begin ma jou tone klap om  betyds te wees nog lank voor son op. Jys vol motiveering want al is die geld min in dollar is dit baja by die huis en daai skuld by die huis gan nie hulle self betaal nie. Later maande kry I samaritaan jou jammer en leen vir jou 'n fiets en jy voel soos goud. Ook maar net oor jy nou I uur ekstra slaap in kry. Wees bewus jou nuwe wiele is duskant faktap mar jyt groot planne vi die wa, want kyk ons suid afrikaners is mos handige mense, ken van alles jong. Eks seker elke suid afrikaner het beslis I tiende boksburg mechanic bloed in hom.  Nie te min die werk word harder die vriende raak bietjie meer en die geleendhede duik op. En so koop jy vir jou I karretjie. Want jou nuwe vriend maak jou I deal en jys mos 'n top negotiater. En jy het hoeka net so kar gehad by die huis. En jy wou nog altyd weer 'n kar soos gertjie he. So 1998 suzuki zamurai  wat jy moet weg stoot by die  bra van jou mar jy ken mos van karre fix en die deal is goed. 50 shades van  groen my ou want hier etter die son mos I ding laf. So 1200 dollar op I payment plan en baja planne in die sak is ek toe die trotse eienaar van die Hulk. Skielik is jy in 'n ander klas jy is die koning van die wereld en jy leer hoe groot die eiland werklik is. Jy  besef opnuut hoe goed die lewe is en jy voel soos I  baas. Maar hou still jong want raai wat, I houtie en I taxi dryver bly I poepol maak nie saak waar jy is nie.
Sien die carribean life is baja cool ongeag. Sien dis 'n leefstyl om elke dag op kristal helder water op I boot te wees en te kan duik omtrent net waneer jy wil of om saam skilpaaie of stingrays te swem. Of my starfish point net die son  in te neem of by rum point 'n waterkie te drink. Want sien in  die carribean is jy nie I dronkgat as jy voor tien in die oggend rum drink nie. Jys 'n pirate en dis so maklik soos dit is. Maar lat ek jou vertel. Paradise is net so goed soos jy dit maak. Want sien pa het altyd gese die gras is altyd groener aan die anderkant want daar is meer kak daar. Nou ja die goverment is ook maar korup en die paaie is ook nie die beste nie en daar is niks meer lui en kaksleg as I local caymanian nie. Jong hys lui hy hou van drink en praat die slegste engels denkbaar. Hy verwag ook dat die regering vir hom als moet verniet gee. Hy hou nie van ons expats nie want ons werk vir die selle pay maar net harder. Kyk die donners weet als. Slimmer kry jy nie. Die see ou maat hy ken hom. Al is dit so plat soos wemmerpan hier. Hy sal jou vertel dat hys die beste kaptein en hy het al al die visse in die see gevang en hy ken die see. Mar hyt fokol. Hy weet nie wat ek van praat as ek vertel van my diepsee visvang werk nie en hy kan nie eers 'n stukkie dryfhout bestuur nie. Maar die see is syne ou maat jy durf nie in sy pad staan nie. Maar sien so het ek ook vinnig geleer hulle weet ook nie wa is alberton nie. En hulle weet nie hoe werk dinge in alberton nie. Maar hulle het net een demonstrasie nodig gehad want sien lyk vir my iedereen verstaan die 5 punt plan. En kyk ons weet mos nou al I oosrander kan selfs vir mike tyson bliksem.  Mar met al die stront an die kant van die wereld bly dit I goeie move. As ek so die koerant lees en oor die nuus hoor hoe julle daar in die donker an sukkel met die clowns wat die show daar run dan skeem ek die is kwaai want tenminste het die queen nog 'n se hier en kyk ou Elizabeth klink vi my of sy ken hoor die ou fossiel het darem nog haar krimpie hande op dinge hier en die govenor is skyt bang om ha beach front huis en bentley met chefeur te verloor. So daar is beheer. Nie soos daai paalskilpad by die huis nie. Ja 'n post turtle. Wat is dit vra jy. Kyk na die linlk https://en.m.wikipedia.org/wiki/Post_turtle  
Ek wonder soms oor my land en ek weet al wat ek kan doen is bid, dit lat my dink an I gebed wat ek eendag raak gelees het is nogal I goeie stukkie digkuns. Vir die luigatte kyk die youtube link.  https://youtu.be/_T8m9S-0VDY

Bloedgebrek vir die Uitwoners van Winter
Bring vir my die vaalheid van die maan, of die sombere blink van 
sterre, as jou mense in die donker begrafnis hou en die wildehond 
wegraak, onder die stowwerige pote van sy prooi.
Kom stamp jou voete aan my kant,
kom maak jou hande amper brandwarm
om my koue straat, konkavuur,
maar vertel my van die woede van jou winter.
Van sakke kole op 'n twaalfrand special en hoe ver die pad na hitte is.
Van jou vriend Vusi oor die straat
met wie julle een oggend middel laasjaar heeltemal bevrore en 
heeltemal verniet, na 'n ambulans toe gehardloop het.
Vergas my, op koue stories oor die maan, heelnag bo jou kop deur 'n 
skreef in sink en die laaste vyftig jaar se straatgeluide, wat nooit 
verander het nie.
Kom sit hier by my in die dansende vlammelig.
Kop op my skouer en jou fluister saggies in my oor.
Van viruskinders, jonk soos die oggend, maar Godvroeg in die grond en 
die Amerikaanse medisynes, so duur, dit kon niemand red nie.
Dan huil en vloek ons gedemp saam oor die ironie in Mark Shuttleworth, 
se fokken dollardanse langs die maan.

Laat jou naam jou eie wees.
Laat jou taxi voor donker kom.
Ek vra niemand vir genade nie,
maar alleen vir geluk.

Amen.
Sien so jy vra jouself watse vooruitsigte is in daai land wat so mooi is. Dan besef jy dis maar min. En voor jy se landsveraaier wil ek net se, wys vir my een senario in geskiedenis na die boere oorlog waar die afrikaner nasie saamgestaan het vir 'n posetiewe uitkoms. Argument gesluit. So sukkel maar met daai land en sy regering wat lank nie meer demokraties is nie maar sterk opad na diktatorskap. Huidiglik is dit net I "ineptocrasy." Nou daar is I woord wat jy kan google. Ek sal jou wel se ek mis my land en sy mense. Saam kuier braai saam vriende sondagmidag ete saam die familie en lekker lag en saam swem saam my beste maatjies by name die rossouws ollewagens en bauers. Jy sien dis die famielie van my wat maak lat mens nie opgee an die kant nie want desember is om die draai en jongensfontein wag. Ontmoeting met my nuutste blaar Hannes die ledgend, kuiers ini kombuis, setlers of catan, koffie opie stoep en 3 ankers en die agterseat van I minni, krismis met I regte kersvader, trifal en narre en windhoek draught, allekirkies en samesyn. Sien dis wat mens voor werk hier. Dis daai stukkie liefde wat opreg is. So ek mis my land en al wat ek kan doen is bid. Dat tyd sal kom en dan sal dit my paradys wees. Die I pod skree nou van my land se songs kyk die link   https://youtu.be/SKRml4_uBlQ 
Nou wat is die plan vra jy. Ek weet nie ekt nie geweet I jaar terug ek gan hier wees nie. Die lewe gebeur en ek ry die wave pappie. Ek weet net my kontrak is klaar einde oktober en die bahamas is kla af getik en cuba en jamaica le nog voor. Tussen deur geld spaar vir I paar kursuse in die states en dan is dit krismis by die huis. Van daar weet niemand, ek begin dalk I tuin besigheid. Haha famous last words. Ek weet net een ding as mens met jou maters van die eiland sit en oubek  maak oor I rumpumpampie ini glas dan is dit baie duidelik an die ane mense se stories dat die wereld te groot is en ek te min van dit sien. So ek moet uit, meskien nog biki carribean of maby medeterainian of meskien iets absurd soos die gulf of aiden ek hoor anti piracy betaal groot en eks hoeka mal en hoeka gevaarlik met I gun. Maar wie weet die geleenthede le voor my deur en ek weet nie watter om te vat en watter om te los nie. Ek skeem ek kort I vakansie. Dit het nog altyd gehelp. My europa vakansie het my tot hier gelei. So what the hell.
So het jy opgelet na die titel van die blog. Meskien nie mar kyk hom. Google hom. Interesante woord ne, lat jou wonder oor jou bestaan. Ek sal jou se ek dink soms wonder ons almal of ons nie aan die siekte lei nie. Al wat ek kan se is kry vir jou I kode waarvolgens jy leef. Ek het myne gevind op I kursus in hermanus jare terug en ek sal doodgan met daai woorde. Dit lei as volg.  Mag ek van bo die krag en genade ontvang om elke dag in liefde en vrede met alle mense hier op aarde te leef. Laat dit bekend staan dat jou ja, ja is en jou nee, nee, en dat ek myself nie bo die allermagtive sal plaas om te oordeel of te veroordeel nie. In die geloof staan  ons saam om te oorwin.
Nou die dag wat my land daai kan an neem en volgens daai kode leef dan kom bly ek daar. Vir nou surf ek die wave en ek mis die huis vreeslik.  Ek weet waar my huis is en dis waar my hart is. So vir nou skree ipod en vee die trane boetie. Want erens tussen jongensfontein en yzerfontein is daar 'n huis wat wag. Meskien by melkbos. Meskien Eendag. So luister na die song.   https://youtu.be/x_fWAKD_azg
Tot ons mekaar weer sien meskien op die bus. Wie weet

Reageer op dit reisverslag

Je kunt nu ook Smileys gebruiken. Via de toolbar, toetsenbord of door eerst : te typen en dan een woord bijvoorbeeld :smiley

Verslag uit: Cayman Eilanden, Cayman Islands

Jacobus

Bring the adventure

Actief sinds 19 Mei 2014
Verslag gelezen: 5330
Totaal aantal bezoekers 7649

Voorgaande reizen:

22 Mei 2014 - 28 December 2014

The beginig of an awsome year

Landen bezocht: